Tikkun Ha'Olam (Sagteband)

    Tikkun Ha'Olam (Sagteband)

    Marzanne Leroux-Van Der Boon
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.00

    Selfs in Parys kan Marc en Rivkah nie van die terreuraanvalle ontsnap nie.

    Twee maande nadat Rivkah na die Fillipyne vertrek het, word sy van die hospitaal ontslaan. Dan word die Tzuk Eitan-grondoffensief afgekondig en Marc word saam met 40 000 ander reserviste na die Gasa-grens gestuur. Ná ’n baie moeilike jaar sien beide Rivkah en Marc uiteindelik uit na hulle “geskenkweek” in Parys, maar selfs in hierdie betowerende goudstad met sy kunstenaars en keisteenstrate, kan Marc en Rivkah nie van die terreuraanvalle ontsnap nie en kort voor lank is hulle in lewensgevaar.

    Oor die skrywer

    Marzanne Leroux-Van der Boon is op 26 Desember 1940 in Somerset-Wes in die Wes-Kaap gebore.

    Sy matrikuleer in 1958 aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool behaal sy ’n onderwysdiploma aan die Opleidingskollege op Oudtshoorn en studeer ook later aan Unisa. Sy gee tot 1993 Afrikaans by die Rudolph Steiner Waldorfskool in Constantia in Kaapstad. Sedertdien skryf en vertaal sy voltyds.

    In die 1970’s begin sy kortverhale en vervolgverhale vir tydskrifte, soos Sarie, Landbouweekblad en Huisgenoot, skryf. In 1974 word vier van haar vervolgverhale (Voor dit lig word, Elizabeth se kind, Seisoen op ’n verlate strand en Die weerloses) gepubliseer. Marzanne begin om ook jeugverhale te skryf Somernagdroom (1980), wat al meer as 18 keer herdruk is, en Die wag vir die somer (1981).

    In 1993 ontvang sy die FAK/Helpmekaarfonds-prys vir Ontspanningsleesstof vir haar roman, Klaprose teen die wind. In 2004 ontvang Marzanne die ATKV-prosaprys vir Granate bloei in Jerusalem.

    Marzanne woon in Constantia in Kaapstad.