Die Soektog Van 'n Leeftyd (Hardeband)

    Die Soektog Van 'n Leeftyd (Hardeband)

    John & Lisa Bevere
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    Oorkom die struikelblokke wat jou weerhou van ’n innige verhouding met jou hemelse Vader.

     

    Is dit vir jou moeilik om te vergewe en te vergeet? Bekommer jy jou meer oor goedkeuring van mense as oor goedkeuring van God? John en Lisa Bevere kyk eerlik en vanuit ‘n Bybelse oogpunt na tien hindernisse wat ons van God se teenwoordigheid kan weerhou, soos ongehoorsaamheid, onvergewensgesindheid, selfgerigtheid, leef in die verlede, en meer.

         Hierdie reeks oordenkings ondersoek elke hindernis in diepte, en nooi jou om daardie hindernis te oorkom en nader te kom aan jou Hemelse Vader. Elke oordenking bevat praktiese riglyne om asook ‘n kort gebed om jou te help om die skeidings af te breek wat jou weerhou van ‘n innige verhouding met God.

     

    Oor die Outeurs

     

    John Bevere en sy vrou Lisa is die stigters van Messenger International. John en Lisa is wêreldwyd bekend as leraars en topverkoperskrywers. John se boeke, wat reeds in meer as 60 tale vertaal is, sluit in Die strik van Satan, Word bevry van intimidasie, Goeie werk of God en Ontmoet die Heilige Gees. Hy is ‘n internasionale spreker en mede-aanbieder van “The Messenger”-TV-program wat wêreldwyd uitgesaai word.

     

    Lisa se boeke sluit in Out Control and Loving It!, the True Measure of a Woman en Jy is sonder gelyke. Sy verskyn gereeld op Christelike televisie- en radioprogramme en is medeaanbieder van “The Messenger”. John, sy vrou en hul vier kinders woon in Colorado Springs in die VSA.