Terreur In Kaboel (Sagteband)

    Terreur In Kaboel (Sagteband)

    Hannelie Groenewald
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R195.01

    Terreur in Kaboel vertel die merkwaardige getuienis van ’n vrou wat haar man, seun en dogter in ’n terreuraanval verloor.

    Terreur in Kaboel vertel die verhaal van ’n vrou van God wat haar man, seun en dogter in ’n wrede terreuraanval in Afganistan verloor. Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, oortuig van God se liefde en die beskerming waarvan Sy Woord vertel. Net om dan skielik te worstel met die vrae: Here, hoe kon so iets gebeur? Here, waar is U nou? Terreur in Kaboel is ’n boek wat die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof in Christus te bereken, om opnuut stil te staan en na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders.

         Hannelie Groenewald se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof, van God se liefde, genade, en die krag van vergifnis. En uiteindelik is die boodskap van Terreur in Kaboel eenvoudig: Dit gaan alles oor God en Sy heerlikheid, en daarin lê ons hoop.

     

    Oor die Outeur

     

    Hannelie het haar MBChB-graad aan die UP voltooi. Sedertdien werk sy in die privaatpraktyk. Sy en Werner is in 1990 getroud. Twee kinders is gebore uit hulle huwelik: Jean-Pierre en Rode. Ten tyde van die aanval op hulle was die kinders onderskeidelik 17 en 15 jaar oud. Werner en Hannelie was 24 jaar getroud. Hulle was meer as 11 jaar in Kaboel.