Tamar Die Ontsluierde (1 Stamboom Van Genade-Reeks)(Sagteband)

    Tamar Die Ontsluierde (1 Stamboom Van Genade-Reeks)(Sagteband)

    Francine Rivers
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R69.95

    R55.96

    Die verhaal van Tamar wat haar lewe gewaag het om die vrou te wees waarvoor sy geroep is.

     

    Daar word vyf vroue in Jesus se geslagsregister ge­noem. Oosterse vroue wat in antieke tye geleef het, en tog kan ons hulle verhale toepas op ons eie lewe en die moeilike kwessies waarvoor ons te staan kom. Hierdie vroue was nie perfek nie, maar God het hulle steeds in sy oneindige genade gebruik in sy perfekte plan om die Christus in die lewe te bring; die Verlosser van die wê­reld. Die eerste van die vroue wat in die geslagsregister genoem word, is Tamar.

    Tamar is verraai deur die mans wat haar toekoms beheer het, maar het geveg vir die reg om in ʼn liefdevolle God te glo. Sy het haar lewe gewaag om die vrou te wees waarvoor sy geroep is.

    In Tamar vergestalt die oorweldigende waardheid dat God ons omstandighede en ons soeke na Hom kan gebruik om sy plan te laat vervul.

     

    Oor die outeur

     

    Francine Rivers skryf al vir meer as 30 jaar. Van 1976 tot 1985 het sy vir die sekulêre mark geskryf en verskeie toekennings ontvang. Nadat sy in 1986 tot bekering gekom het, het sy haar eerste Christelike boek geskryf. Sedertdien het sy al verskeie toe­ken­nings ontvang, onder andere ’n ECPA Gold Medallion en die voortreflike Romance Writers of America Rita Award.