Superhelde Dagstukke/Superhelde Gebedeboek/Superhelde Storieboek (Combo)

    Superhelde Dagstukke/Superhelde Gebedeboek/Superhelde Storieboek (Combo)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R439.85

    R239.95

    Wat het Simson, Dawid en Jesus in gemeen? Jy’t reg geraai! Hulle is helde … en elke klein seuntjie wil ook een wees! Carolyn Larsen (outeur) en Joe Goode (illustreerder) se Superhelde-reeks sal seun­tjies van 5-8 help besef hoe belangrik hulle in God se konink­ryk is.

    Superhelde – Storieboek bevat 24 stories uit die Ou en Nuwe Testament van hoe sommige van God se grootste helde se lewens gelyk het. Saam met die superheld-karaktertrek en -wenk en ’n kern­vers is daar ook ’n spesiale karakter om te soek by elke storie.

    Superhelde – Dagboek se 101 oordenkings sal seuntjies wys dat superkragte soos om ’n goeie vriend te wees en die waar­heid te praat belangrik is om ’n superheld vir Jesus te wees. ’n Onthou-nota rond elke dagstuk af.

    In die 90 gebede van Superhelde – Gebedeboek sal hulle gou sien dat gebed die heel grootste super­krag is. Die gebede is opgedeel in 15 opwindende temas met ’n kernvers by elke gebed.

    Oor die Outeur en Illustreerder

     

    Carolyn Larsen is die outeur van meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes. Sy het al verskeie pryse vir haar skryf­werk ontvang. Carolyn woon saam met haar man en drie kinders in Glen Ellyn, Illinois. Sy tree ge­reeld as spreker op by geleenthede vir vroue en soms ook op die verhoog saam met haar eie be­die­nings­groep, Flashpoints.

    Joe Goode is ’n illustreerder wat aan die Savannah College of Art and Design gegradueer het. Hy lewer al meer as 15 jaar kuns en illustrasies vir boeke, video’s en strokiesprente.