Superhelde - Gebedeboek (Hardeband)

    Superhelde - Gebedeboek (Hardeband)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    90 super gebede om gewone seuns in buitengewone helde vir Jesus te verander.

    Klein seuntjies is vas oortuig dis ongelooflik om te vlieg soos Superman, om so sterk soos die Hulk te wees en so vinnig soos Flash te kan hardloop. Maar dit is nog nie die heel grootste superkrag nie ...

    Die grootste krag wat daar is, is gebed! Dit is wat Carolyn Larsen (outeur) en Joe Goode (illustreer­der) se Superhelde – Gebedeboek hulle sal leer. Dit sal hulle wys dat gebed enigiets kan doen. Die aksiebelaaide illustrasies met ’n strokies­prent-ge­voel gaan saam met 90 supergebede en kernverse wat gewone seuns kan bid om buitengewone helde vir Jesus te word. Die gebede is verdeel in 15 temas wat onder andere insluit gebede vir wanneer hulle bang is, goed nie verstaan nie, hartseer is of wanneer hulle vir maats of familie wil bid.

    Superhelde – Gebedeboek sal die jong helde wys dat God elke seuntjie liefhet omdat hulle sy klein superhelde op aarde is en Hy sal hulle help om sy werk te doen.

    Oor die Outeur en Illustreerder

    Carolyn Larsen is die outeur van meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes. Sy het al verskeie pryse vir haar skryf­werk ontvang. Carolyn woon saam met haar man en drie kinders in Glen Ellyn, Illinois. Sy tree ge­reeld as spreker op by geleenthede vir vroue en soms ook op die verhoog saam met haar eie be­die­nings­groep, Flashpoints.

    Joe Goode is ’n illustreerder wat aan die Savannah College of Art and Design gegradueer het. Hy lewer al meer as 15 jaar kuns en illustrasies vir boeke, video’s en strokiesprente.