Superhelde - Dagstukke (Hardeband)

    Superhelde - Dagstukke (Hardeband)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    101 dagstukke om ’n superheld vir Jesus te wees.

    Wat het al die groot superhelde in gemeen? Wel, be­halwe vir die kleurvolle kostuums, mantels en super­kragte, is hulle almal gewone mense soos jy. Hulle kort ook aanmoediging en daai ekstra hup­stoot.

    Superhelde – Dagstukke, geskryf deur Carolyn Larsen<span > en geïllustreer deur Joe Goode, help seuns in 101 oordenkings om te verstaan wat God van hulle ver­wag as groot superhelde. Hulle sal leer dat om ’n goeie vriend te wees, ander te respekteer, die waar­heid te praat, en vele ander eienskappe hulle super­krag is om ’n superheld vir Jesus te wees. Saam met elke dag­stukkie is daar ook ’n onthou-nota om seuns te leer hoe ware superhelde optree.

    Superhelde – Dagstukke sal seuns uit hulle groot helde-gids – die Bybel – leer <span >wat dit beteken om ’n superheld vir Jesus te wees.

    Oor die Outeur

    Carolyn Larsen is die outeur van meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes. Sy het al verskeie pryse vir haar skryf­werk ontvang. Carolyn woon saam met haar man en drie kinders in Glen Ellyn, Illinois. Sy tree ge­reeld as spreker op by geleenthede vir vroue en soms ook op die verhoog saam met haar eie be­die­nings­groep, Flashpoints.

    Joe Goode is ’n illustreerder wat aan die Savannah College of Art and Design gegradueer het. Hy lewer al meer as 15 jaar kuns en illustrasies vir boeke, video’s en strokiesprente.