Supercool vir Jesus vol 2 (CD)

    Supercool vir Jesus vol 2 (CD)

    Nedine Blom
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R69.95

    Supercool vir Jesus 2 is die opvolg van die uiters suksesvolle Supercool vir Jesus".  Treffers  op hierdie CD sluit onderandere  in  die liedjie "Borrrel” wat kinders leer dat die opgewondenheid in hul harte wat hul moet voel borrel, die Heilige Gees is.   Die Monster liedjie getiteld "Bang"  leer hulle weer hoe om met monsters af te reken wanneer hul bang is in die aande.  "Big Big House" is 'n groot gunsteling sowel as die ou bekende liedjiie met 'n nuwe baadjie, getiteld "Jesus loves me".  Nog 'n groot treffer op Supercool vir Jesus 2 is die Lof en Aanbiddings Medley "How great is our God medley" asook  Eurovision treffer “Liefde verniet” .  Blom se komposisie “A Okey/ (Gebore vir 'n rede)" vertel kinders dat hul gebore is vir 'n spesifieke rede, tyd en plek en maak Izak Davel en Nadia Beukes 'n draai op hierdie treffende DVD. Oudergewoonte het Blom 'n hele paar bekende Lof en Aanbiddingsliedjies ingesluit op Supercool vir Jesus 2 wat insluit “God of this city”, “Big House”, Chris Tomlin’s “How great is our God”, Psalty’s “The Butterfly song” Retief Burger se weergawe van“Halleluja in my hart”. Nedine Blom se Supercool vir Jesus CD's word daagliks by kerke, skole, kleuterskole en selgroep byeenkomste regoor Suid-Afrika gebruik vir Lof en Aanbiddingsessies.