Suiderkruis (DVD)

    Suiderkruis (DVD)

    Morne Lane
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R69.95

    R55.96

    Is ons klein, sterflik en niksbeduidend, of kan een lewe, hoe klein ookal, uitgolf na ander se lewens en dit onherroeplik verander?

    Wanneer ons hierdie wêreld verlaat, verlaat ons dit soos ons hier ingekom het of los ons wel ’n spoor (ons kruisies) op die harte van die wat ons agterlaat? Hierdie is die vraag waarmee Lana Nel worstel. Die kanker in haar liggaam is weer reg vir ’n geveg en sy weet hierdie keer is dit ’n harde hou. Die uitklophou.

    Lana besluit om alles wat sy het te verkoop en sy bel haar drie beste vriende. As sy hierdie wêreld gaan verlaat, gaan sy dit in styl doen.

    Soos die vier vriende vertrek op die reis van ’n leeftyd, ontdek ons dat daar altyd meer is as wat ooglopend is wanneer dit kom by die lewe, liefde en vriendskap. Mieke, ’n vrou vol draadwerk, ontdek sy is meer as net die getal op ’n skaal. Jean vind sy stem en Karin leer dat sy sterk genoeg is om sonder haar beste vriendin aan te gaan.

    Alhoewel hierdie vier vriende teen die oormag moet stry, is Suiderkruis geensins ’n tragedie nie, maar eerder ’n viering van vriendskap, liefde, en die onuitblusbare menslike gees. Langs die pad ontmoet ons eksentrieke karakters, eienaardige klein dorpies en ons leer dat God in die goed en die sleg van die lewe te vinde is en alles ten goede laat meewerk vir die wat Hy liefhet. In die donkerste nag skyn Hy ’n lig.