Stres In Die Werkplek (Sagteband)

    Stres In Die Werkplek (Sagteband)

    Henk Gous
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R99.96

    R74.94

    Besef dat jy ook in die werksegment van jou lewe naby aan God kan leef.

    Werk is dikwels ’n liefde-haat-saak. Jy kan nie son­der jou werk nie, maar is dit nie die ding waaroor jy die meeste kla nie?

    Stres in die werkplek deur Henk Gous is ’n boek vol Bybelse beginsels vir elkeen wat die ge­kompli­seerde werkswêreld moet aandurf.

    Henk bespreek verskeie temas wat vir énige een in énige werkplek relevant sal wees, onder andere:

    • Is sukses of geld jou doel?
    • Balans!
    • Werksplekke wat giftig is
    • Die skade van werkloosheid
    • Aftrede
    • Geloof by die werk

    Stres in die werkplek sal mense help besef dat hulle ook in die werksegment van hul lewe naby aan God kan leef en so werklik geluk tussen die vier mure van die kantoor kan vind.

    Oor die skrywer

    Dr. Henk Gous is leraar van die NG Kerk Quellerina in Roodepoort, Gauteng (voorheen studenteleraar in PUK-Kandelaar in Potchefstroom, en leraar in Vanderbijlpark-Suid). Hy dien op ’n wye gebied in die NG Kerk as leier, waaronder voorheen Moderator van die Sinode van Wes-Transvaal, Voorsitter van die Algemene Jeugkommissie en ondervoorsitter van die Kuratorium van die Teologie¬se Fakulteit by UP. Naas jeugwerk is pastoraat en prediking fokuspunte in sy bedie¬ning. Sy sportsoorte is fietsry en stap, met natuur en avontuur as ander liefhebberye.