Storm (Sagteband)

    Storm (Sagteband)

    Reg Grant
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R149.96

    R119.97

    Kampvegter. Hervormer. Monnik. Minnaar. Die aangrypende verhaal van Martin Luther.

     Hy word vandag be­skou as een van die mees in­vloed­ryke figure in die geskiedenis van die wê­reld, maar vir diegene wat vir Martin Luther ge­ken het, was hy meer as net die leier van ’n be­langrike geskied­kun­di­ge rebellie. Hy was ’n man van visie, toewyding en passie. Hy was vas­be­slote om sy God te dien en om die kerk van sy dag te reinig van eeue se afvalligheid.

         Van die begin af het Luther se vyande – die korrupte kerklike en politieke regeerders van sy dag – saamgespan om te verhoed dat sy radikale idees versprei; idees wat die kerk en die wêreld se grootste politieke magte tot in hulle fondament sou skud. Maar God het aan Luther die krag en genade gegee om die leërmagte van die wêreld teen te staan, slegs gewapen met die swaard van God se Woord.

         Kom ervaar Luther se opstand teen Charles V en sy onverwagse romanse met voormalige non Kate von Bora. Beleef die veranderings wat tot die Hervorming gelei het en sien hoe God een buitengewone man toegerus het om standpunt in te neem – al het dit beteken dat hy dikwels alleen moes staan – te midde van die tierende storm.

     Ook beskikbaar in Engels onder die titel Storm

    Oor die outeur

    Reg Grant is ’n professor aan die Dallas Theological Seminary. Hy is die outeur en mede-outeur van ver­skeie boeke en artikels. Hy het ook al stukke vir radio, TV en teater geskryf en self ook daarin opge­tree. ’n Paar van sy films het toekennings ont­vang, onder andere twee Emmy-toekennings. Hy en sy vrou, Lauren, is die ouers van drie kinders.