Stilte (DVD)

    Stilte (DVD)

    Azari Media
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R59.95

    R47.96

    Selfs in die donkerste nag skyn sy lig.
    Antoinette van Wyk het alles om voor te lewe. Sy is jonk, mooi en 'n baie talentvolle sangeres. Sy is op die rand van die verwesenliking van haar drome, wanneer 'n verskriklike tragedie haar tref. In 'n geweldadige aanval in hulle huis, sterf albei haar ouers en word sy vir dood agtergelaat. Sy oorleef die beproewing en besluit om op die plaas van haar oom en tante in Oudtshoorn te gaan herstel.

    Stilte is die storie van haar pad na heling. Dit is nie 'n maklike reis nie: Getraumatiseer deur haar beproewing, weier sy om te praat, laat staan nog om weer te sing. Die dokters sê daar is fisies niks fout met haar nie, maar Antoinette verkies om deur middel van 'n notaboek te kommunikeer. Dit is 'n konstante bron van hartseer, veral vir haar tante wat desperaat is om Antoinette weer gelukkig te sien.

    Stilte is 'n inspirerende, menslike drama van 'n jong vrou se reis van smart tot vreugde, en haar terugkeer tot geloof. Dit speel af in die pragtige, tydlose landskap van Oudtshoorn.