Stil Oomblikke Met God Vir Jong Vroue (Hardeband)

    Stil Oomblikke Met God Vir Jong Vroue (Hardeband)

    Amanda Cowles
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R249.95

    R211.99

    366 inspirerende oordenkings om jong vroue se geestelike reis te verryk binne ’n paar minute elke dag.

     

    ’n Bemoedigende woord op die regte oomblik kan jou hele dag verander. Stil oomblikke met God – vir jong vroue is ’n ryk dagboek propvol kort, inspirerende gedagtes om jou siel te verkwik en met vreugde te vul.

          Die 366 verrykende oordenkings deur Amanda Cowles is ideaal om te lees terwyl jy jou oggendkoffie drink, iewers sit en wag of enige geleentheid wat jy het om ’n kort tydjie die beste te benut. Geniet die voortreflike illustrasies deur Amylee Weeks terwyl jy nadink oor elke dag se kort oordenking en Skrifgedeelte. Die kragtige daaglikse oordenking sal jou help op jou reis na ’n lewe gevul met liefde, lag en God se genade.

    Verryk jou geestelike reis en ontdek presies hoe lief God jou het wanneer jy elke dag ’n stil oomblik saam met God deurbring. 

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Break Time

     

    Oor die outeur en illustreerder

    Amanda Cowles en haar man, Tim, is professionele kunste­naars wat deur die hele jaar optree by kerke, skole en kampe oor Amerika heen. Deur buiksprekerskuns, poppe­spel, treffende lesse, illusies en musiek moedig hulle ver­tonings kinders en gesinne aan om op te kyk na God en uit te reik na ander.

     

    Amylee Weeks is van Iowa, VSA, afkomstig en lief vir die Here, haar gesin en om kuns te skep. Nadat sy ’n graad in besigheid gekry het, het sy op die roepstem van haar hart reageer en ingeskryf by The Art Institute of Pittsburgh. Sy skryf haar dissipline om steeds skeppend te wees terwyl sy twee kinders grootmaak en voltyds werk aan haar universi­teitsjare toe. Amylee kombineer haar geloof en kuns, en dit was eers toe sy hierdie kombinasie ontdek het dat haar kunswerke net uit haar hart begin vloei het.