Staan Sterk In 'n Wankelende Wereld (Sagteband)

    Staan Sterk In 'n Wankelende Wereld (Sagteband)

    Angelique Du Toit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R189.95

    R151.96

    Dra jy swaar aan die druk van jou daaglikse lewe, ry jy op ’n emosionele tuimeltrein, is jy fisiek uitgeput en sukkel jy met swak gesondheid?

         Is jy kort van draad, angstig, bang en voel jy pal skuldig omdat jy worstel om ál meer en meer vir jou werk – en ander mense – te gee, dikwels ten koste van jou gesinslewe. Voel jy of jy min hoop het vir die toekoms?

         Staan sterk in ’n wankelende wêreld is ’n praktiese boek vol onmiddelllike inspirasie wat jou sal help om bo al jou omstandighede uit te styg en alles te word wat jy geskep is om te wees. Die insigte wat jy op hierdie blaaie vind, sal jou aanmoedig om jou lewe, jou besigheid en jou toekoms te verander. Die teks is gebore uit lewenservaring en is nie bloot teorie nie.

    Oor die Outeur

    Angelique du Toit is ’n suksesvolle besigheidspersoon, spreker, seminaar-fasiliteerder en skrywer wat mense bemoedig om ’n groter lewensdoel, passie en produktiwiteit na te streef. Sy het al op verskeie TV-programme en in die media verskyn. Sy bied haar inspirerende boodskappe wêreldwyd aan en omvorm daarmee mense se harte en gedagtes.

    Webwerf: www.angeliquedutoit.co.za

    Facebook: https://www.facebook.com/AngeliqueDT/

    Youtube: https://www.youtube.com/user/angeliquedutoit