Staan Op (CD)

    Staan Op (CD)

    Dewald Gouws
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R120.00

    Hierdie splinternuwe cd “Staan Op” is ń samestelling van 60% oorspronklike bedienings liedjies uit Dewald Gouws se pen asook 40% lof en aanbidding’s liedere wat Dewald op sy unieke weergawe aanbied.  

    “My vewagting  aangaande die hartsproduk is nie baie groot in terme van rekord verkope of enige soortgelyke wereldse maatstaf van sukses nie, maar my vertroue is bloot dat hierdie musiek die luisterraar sal inspireer en motiveer om te fokus op Jesus alleen, geestelik te groei en Hom te vertrou ongeag ons gebrokenheid.”        

    Daar is “winde van verandering”in ons almal se lewens wat seisoene aandui, soms opwindend en aangenaam en ander kere teleurstelling wat seer oor ons pad bring. Ons sal moet leer om “op te staan” binne hierdie omstandighede en in die oomblik te leef met ń positiewe gesindheid en nuuskurig te wees oor die “Nuwe Begin” wat voor ons lê wat God bewerkstellig.      

    Mag elkeen wat hierdie musiek luister die nabyheid van ons Here Jesus beleef. Deur iemand anders op te tel en te ondersteun het ń baie groter bydrae tot jou eie bestaan en lewenswandel. - Kyk weer ń slag om jou in ander se oë, die “Vensters van jou Siel” ...  Dit is my en jou voorreg om in diens te staan en ń verskil te maak waar verwerping en seer mense eensaam laat.        

    Daar is ook twee oorspronklike liedere in engels “But God” en “Let go, let God” waarin Dewald die land en sy mense aanmoedig om hul vertroue in God te plaas