Sprankel (Sagteband)

    Sprankel (Sagteband)

    Janine Truter
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.00

    God, vriende, familie, liefde, skoonheid en nog vele meer – alles wat ‘n meisie moet weet om te sprankel in een boek!

    Jy is ’n meisie en die toekoms lê oop voor jou. Maar hoe behoort ’n gelowige meisie op te tree? Hoe weet ’n mens in vandag se tyd, wat reg en verkeerd is? Hoe vind jy uit wat jy met jou lewe wil doen? Hoe kan jy mooi van buite wees, sonder om minder mooi van binne te wees?

         Hier is meisies se ultimate gids tot die lewe:

    1. Geloof is waaroor die lewe eintlik gaan

    2. God is altyd aan jou kant

    3. Jy is hier om te sprankel

    4. Tyd saam met Hom is jou krag

    5. Jy is uniek en baie spesiaal

    6. Die regte ou op die regte tyd

    7. Ware liefde is ’n doelbewuste keuse

    8. Jy bepaal die grense in julle verhouding

    9. Jou vriendinne en ouers is ’n prioriteit

    10. Maak vrede met jou lyf

    11. Laat jou klere vir jou lyfvorm werk

    12. Eet en leef gesond vir ekstra woema

    13. Kry die regte look en lyk fantasties

    14. Wenke vir daardie eerste afspraak

    15. Gym-reëls gaan oor respek vir ander

    16. Goeie maniere is steeds in die mode

     

    Oor die Outeur

     

    Janine Truter is ‘n NG predikant, skrywer, motiveringspreker, skoonheidstitelhouer en modelafrigter. Sy streef daarna om die twee wêrelde van skoonheid en teologie te kombineer. Sy is passievol oor die bemagtiging van jong meisies en wil elkeen leer hoe om haar identiteit te ontdek en haar unieke roeping uit te leef. Janine is ook die ambassadeur van Finesse 4:12 meisie.