Soos Vlinders In Die Wind (Sagteband)

    Soos Vlinders In Die Wind (Sagteband)

    Lina du Plessis
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R159.95

    God hou ons veilig in die dwarrelwinde van die lewe.

    Soms steek daar ’n storm om jou op. ’n Reuse stofstorm wat alles om jou skynbaar wegvee. Maar wanneer die stof gaan lê, besef jy dat God se beskermende hand nog heeltyd onder jou was.

    Dít is die bemoedigende boodskap van Lina du Plessis in Soos vlinders in die wind. Met hierdie 50 humoristiese, inspirerende gedagtes, afgerond met gebede, herinner sy jou dat God se beskermende hand altyd daar is. Die mens is broos en die lewe breek jou soms – meer dikwels as wat jy sou wou hê – maar God se genesende krag kan jou meer maak as wat jy ooit was.

    Jy moet net met geduld wag vir die dwarrelwinde om te gaan lê.

    Oor die Outeur

    Lina du Plessis woon in Centurion en is verbonde aan eKerk. Dié innoverende besigheidsvrou het ’n passie vir onderwys en opheffingswerk. Lina het al op verskeie komitees gedien waar sy nou betrokke was by opleiding van mense met gestremdhede en rehabilitasieprogramme. Sy was ook verbonde aan die South African National Council for the Blind as bestuurder en pleegouer. Haar besigheid – Tsoga Re-connect (Pty) Ltd – help besighede en bedienings met die praktiese implementering van gemeenskapsprojekte.