Soos 'n Brullende Leeu (Sagteband)

    Soos 'n Brullende Leeu (Sagteband)

    Jaco Thom
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R139.95
    Elaine het haar meester - Satan - vir sewentien jaar lank met haar hele hart gedien. Toe ontmoet sy vir dr. Rebecca Brown, wat háár meester - Jesus Christus - met net soveel oorgawe dien. Hierdie ontmoeting het tot �n geweldige konfrontasie gelei tussen Elaine, een van die mees senior hekse in die VSA, en dr. Rebecca Brown, �n toegewyde Christen wat vrou-alleen teen haar gestaan het. Rebecca het byna haar lewe verloor in die titaniese stryd - waarlik �n stryd om lewe en dood - wat gevolg het. En Elaine het vir die eerste keer kennis gemaak met �n krag en liefde wat groter was as enigiets wat die Satan vir haar kon gee. Dit het haar oë oopgemaak, en sy het uiteindelik haar lewe vir die Here Jesus gegee. Hierdie boek is �n eerlike, indringende studie van die Satan se doen en late in ons tyd. Jy sal onder meer hier leer hoe om: * sataniste wat die kerk van Christus binnedring en vernietig, uit te ken en suksesvol teen hulle weerstand te bied; * aanvalle van die Satan af te weer, en * mense wat die Satan dien, uit te ken - jy sal ook die nodige toerusting ontvang om hulle na Christus te lei.