Soos Jesus (Sagteband)

    Soos Jesus (Sagteband)

    Kobus Neethling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R149.96

    Daar is niemand – geen groter leier of beter rolmodel – by wie ons meer kan leer as by Jesus Christus nie. Hy het die afgelope 2000 jaar ’n groter invloed as enige ander mens op die wêreld gehad, en sal die toekoms net soveel beïnvloed. In die Nuwe Testament van die Bybel leer ons Hom ken deur die oë van die Evangelieskrywers. In Soos Jesus volg ons die navorsingsroete om meer van die misterie van Jesus, die mens, te probeer ontdek.

    Ons klem in hierdie boek val spesifiek nie op die wat ons van kleintyd af van Jesus weet – op sy Goddelikheid, sy liefde, sy vergifnis, sy wonderwerke, sy nederigheid, sy opoffering of sy passie nie. Ons wou daardie X-Faktor probeer pel wat Hom as mens so uitsonderlik gemaak het en dat mense van die 21ste eeu nog steeds verbyster staan.
    Dit is wat ons met hierdie boek wil regkry. Ons gebruik die Bybel om ’n idee te vorm van wat Jesus geleer en gedoen het, soos wat die Evangelieskrywers Hom vir ons teken.

    Jesus het in ’n ander tyd en wêreld as ons geleef, en mense wonder soms of ons regtig nog sy voorbeeld in ons hedendaagse lewe kan toepas. Maar in plaas van om Jesus se wêreld met ons s’n te vergelyk, moet ons eerder vra wat is die beginsel agter die gebeur in die Bybel wat on vandag kan toepas om in Jesus se voetspore te volg.
    Dis na die beginsels wat ons in hierdie boek soek.