Soms Wen Jy, Soms Leer Jy (Sagteband)

    Soms Wen Jy, Soms Leer Jy (Sagteband)

    John C Maxwell
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R69.95

    New York Times topverkoperskrywer, John C. Maxwell, is van mening dat die grootste
    lewenslesse uit verliese spruit. Enige terugslag, professioneel of persoonlik, kan
    in ’n stap in die regte rigting verander word indien jy oor die nodige gereedskap
    beskik om die verlies in ’n aanwins te omskep.


    In Soms wen jy, soms leer jy val Maxwell terug op byna 50 jaar se leierskapervaring.
    Hy put uit hierdie leierskap-ervaring om te wys waarom sommige mense
    suksesvol is ten spyte van probleme, mislukking en verlies. Hy bespreek elf elemente
    wat die DNS uitmaak van sulke mense, naamlik:

    1. Nederigheid – Die gees van leer
    2. Realiteit – Die oorsprong van leer
    3. Verantwoordelikheid – Die eerste stap van leer
    4. Verbetering – Die fokuspunt van leer
    5. Hoop – Die motivering van leer
    6. Onderrig – Die roete van leer
    7. Teëspoed – Die katalisator van leer
    8. Probleme – Die geleentheid van leer
    9. Slegte ervarings – Die perspektief van leer
    10. Verandering – Die prys van leer
    11. Volwassenheid – Die waarde van leer


    Dit verg dissipline om die regte ding te doen wanneer iets skeefloop en soos John
    Maxwell dikwels daarop wys: ‘Ondervinding is nie die beste leermeester nie, hersiene
    ervaring is.’