Snowy En Sy Maats (Hardeband)

    Snowy En Sy Maats (Hardeband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Oom Angus en Snowy deel stories oor die lewe op die plaas en die lewe saam met Jesus.

    Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy gunsteling perd Snowy. Snowy en sy vriende is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid.     

    Snowy en sy maats deel plaasstories waarby kinders sal aanklank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe die lammetjie Mê weggedwaal het van sy mamma, of toe Rooies die haan in die moeilikheid beland het omdat hy nie na goeie raad wou luister nie.    

    Elkeen van die 11 stories word gekomplementeer met ’n teksvers en gebed. Kinders tussen 5 en 8 jaar sal ook hou van die prettige aktiwiteit, soos legkaarte, soek die verskille en doolhowe.

    Ook beskikbaar in Engels onder titel Snowy and Friends.

    Oor die outeur

    Angus Buchan het die roe­ping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-bood­skappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middel­land.