Skyn Vir Jesus (Sagteband)

    Skyn Vir Jesus (Sagteband)

    Ewald van Rensburg
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R49.95

    ’n Opwindende fantasieverhaal wat kinders leer hoe belangrik God se wapenrusting is.

     

    In die klein dorpie Genadeville bly daar ’n tweeling, Chris en Joy. Saam met hulle hond, Gracie, kuier hulle graag by die gawe predikant, oom Dawid Jansen, en gesels oor God se wapenrusting.

    Op ’n dag terwyl hulle huis toe stap, spring ’n bose bende boelies uit ’n bos. Chris, Joy en Gracie vlug en kom dan tussen twee bome op ’n deur af. Hulle pluk die deur oop. Dit is die begin van hulle avonture in die land waar die sirkel van lig is.

    Buiteblad binnekort beskikbaar Hierdie wonderlike fantasieverhaal met ’n leeu, lam, draak en heks sal kinders die belang van God se wapen­rusting leer. Aan die einde van die boek kan kinders meer leer oor die verskillende dele van die wapen­rusting. Elke verduideliking bestaan uit ’n “lees dit”, “leer dit”, “leef dit”, “oordink dit” en “doen dit”-afdeling.

    Hierdie opwindende verhaal, Skyn vir Jesus, help kinders om op ’n prettige manier te leer hoe belangrik dit is om God se wapenrusting elke dag aan te trek.

     

    Oor die outeur

    Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug- en familie­bediening en is predi­kant in Somerset-Wes. Hy is ook ’n gewilde en bekroonde skrywer. Ewald is getroud met Beatrix, en hulle het twee kin­ders.