Skitter (Sagteband)

    Skitter (Sagteband)

    Priscilla Shirer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R155.00

    Available Formats

    God se lig skyn deur elke faset van ons lewe. Skitter rig ’n uitnodiging aan tienermeisies en jong vroue om ’n eerlike gesprek te geniet oor hulle identiteit. Priscilla Shirer deel lewenslesse wat sy vanaf haar tienerjare tot nou geleer het. Sy wys vir jong meisies en vroue hoe die lig van God se Woord haar identiteit gevorm het en leer hulle hoe dit ook hulle lewe kan verander. Die samelewing probeer ons identiteit bepaal, maar hierdie wêreld hunker na iets anders as wat ons net in die kreatiewe Skepper kan vind. Ons is geskep om sy lig te weerkaats … ons is geskep om vir Hom te straal. Skitter is gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick wat in Augustus in plaaslike teaters gespeel het.

    Oor die outeur

    As ’n New York Times-toverkoper-outeur, spreker en aktrise deel Priscilla Shirer God se Woord passievol met vroue van alle ouderdomme, of hulle jonk of net jonk van hart is. Sy staan al vir die afgelope twintig jaar voltyds in die bediening van vroue, as internasionale spreker en die outeur van meer as twee dosyn boeke en Bybelstudies. Sy en haar man, Jerry, het Going Beyond Ministries gestig om gelowiges oor ’n wye spektrum van die liggaam van Christus te bedien. Sy het ook drie seuns: Jackson, Jerry jnr en Jude.