Sielskalender (Hardeband)

    Sielskalender (Hardeband)

    Elize Parker
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R44.95

    Sielskalender is meer as net ’n boek vir jou koffietafel; dit is ’n metgesel vir elke dag van die jaar – ’n vriendin vir jou
    alleendae; ’n afrigter om jou tot hoër hoogtes aan te spoor; ’n trooskombers vir hartseertye en ’n vrolike ruiker idees
    vir elke seisoen.
    Sielskalender bied 52 weke se inspirasie met daaglikse

    • voorstelle vir gebed
    • maniere om uit te reik na ander
    • idees vir geestelike groei
    • motiverende gedagtes
    • vertroosting, bemoediging en veel meer.

    Die 52 weke is saamgestel rondom spesifieke temas waaronder ‘Innerlike vrede’, ‘Vertrou God vir sy seën’, ‘Die
    genesende genade van troos’ en ‘Vat weer jou hartleisels vas’.
    Sielskalender is beskikbaar in ’n 52-weke kalenderformaat wat op jou lessenaar of bedkassie kan staan vir daaglikse
    motivering. Daar is spasie vir notas by elke dag.