Tiener Tot Tiener 365 Dagstukkies Deur Jong Manne Vir Jong Manne (Hardeband)

    Tiener Tot Tiener 365 Dagstukkies Deur Jong Manne Vir Jong Manne (Hardeband)

    Patti Hummel
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R189.95

    R161.00

    365 inspirerende dagstukke vir jong manne geskryf deur jong manne.

    Meer as 60 jong manne uit verskillende dele van die wêreld het 365 dagstukke vir hulle mede-tieners geskryf waarin hulle getuig hoe God hulle lewe verander het. Hulle moedig tieners aan om nie te huiwer om uit te staan bo ander wat daagliks rondploeter in ’n sinlose soeke nie, maar om:

    • God eerste te stel
    • rein te bly in hul verhoudings met meisies
    • probleme op ’n Bybelse manier te hanteer
    • vreesloos en oorwinnend te leef.

    Tieners verstaan die hart van tieners, en tieners het die ongelooflike potensiaal om die wêreld ’n plek van hoop te maak.

    Oor die Outeur

    Patti M. Hummel is die outeur en mede-outeur van 17 boeke, en die skrywer van verskeie artikels vir Christelike tydskrifte. Sy bied gereeld praatjies aan vir vroue- en jeuggroepe. Patti is die president van die Benchmark Group LLC in Nashville, TN, en het al verskeie toekennings vir haar bestuursvaardighede ontvang. Patti het drie volwasse kinders.