Sheri - Nes Ek Is (Sagteband)

    Sheri - Nes Ek Is (Sagteband)

    Sheri Brynard & Colleen Naude
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R210.00

    ‘n Hartroerende biografie oor Shéri Brynard, die enigste persoon met Down Sindroom in die wêreld met ’n tersiêre diploma en ambassadeur vir Down Sindroom.

    In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spite van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma,

         Susette, haar gevorm het. Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?” Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.

     

    Oor die Outeur

     

    Shéri is die enigste persoon met Down Sindroom in die wêreld wat ’n tersiêre diploma het. Sy is ’n ambassadeur vir alle Down Sindroom mense en het al by meer as 400 konferensies en ander geleenthede opgetree. Sy werk ook voltyds as ’n assistent by Lettie Fouche Skool vir kinders met gestremdhede.