Seisoene, Storms En Woestyne (Sagteband)

    Seisoene, Storms En Woestyne (Sagteband)

    Isak Burger
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    God gebruik seisoene, storms en woestyne om sy doel in ons lewens te verwesenlik. In SEISOENE, STORMS EN WOESTYNE verduidelik Isak Burger hoe moeilike tye in ’n mens se lewe ook sin en betekenis kan hê al verstaan jy dit nie in daardie stadium nie.

     

    Die boek is in drie afdelings verdeel. In “Seisoene” word die belang van die afwisseling tussen seisoene beklemtoon en dat elke seisoen onmis­baar is. In “Storms” word daar verduidelik dat nie­mand onbepaald die storms van die lewe kan vry­spring nie en dat lesers sensitief moet wees vir die impak van ’n storm op ander mense se lewens. In “Woestyne” word daar gefokus op die sameloop van omstandighede wat jou dikwels eensaam laat voel en jou laat dink dat God ver van jou af is. God ge­bruik juis woestyne as plekke van opleiding en voor­bereiding.

     

    SEISOENE, STORMS EN WOESTYNE sal lesers inspireer om te leer en te groei uit hulle moeilike omstan-dighede.