Sara (Sagteband)

    Sara (Sagteband)

    Maretha Maartens
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R235.00

    Word meegevoer na die Middel-Bronstydperk, die mense van die sondvloed en Abraham, met sy swakhede en geloofspad, soos gesien deur die oë van sy vrou, Sara, in hierdie pragtige roman.

    “Hoe praat die Onsigbare, Abram?”  “Onontwykbaar.” ‘n Deeglik nagevorste lekkerlees roman. Die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad en die lewe van sy vrou Sara. En gekonfronteer met die Wese en die werklikheid van God.

         Tien dae lank praat Sara nou al met God, die Almagtige. Hiervoor het sy haar donkie opgesaal nadat Abraham met hulle enigste kind, twee slawe en ’n bondel vuurmaakhout op ’n pakdonkie in die verte verdwyn het. Met die sluier oor haar gesig is sy vrou-alleen by almal in die kamp verby, die woestyn in. Sy, wat so bang is vir die giftige slange en skerpioene van die Negev, het die groot skerpioen naby haar skaars raakgesien toe sy op die grond neergeval en na die onsigbare God begin roep het: “Nou is ek soos Hagar, El Roi, God wat my sien! Antwoord my: Is U dan soos Sin, die maangod? Eis U dieselfde offers van dié wat U dien as die gode van die Sumeriërs en die Hetiete?”

         “’n Lieflike teks. Sara se emosionele belewenis is diep deurleef. Die leser lees nie net van Sara nie, jy beleef elke ervaring saam met haar.” – Jeannette Ferreira

    Oor die Outeur

    Maretha Maartens is bekend en gewild as skrywer van geestelike boeke en dagboeke, romans, kortverhale, kinderboeke, tienerboeke en romans vir jong volwassenes. Talle van haar boeke is bekroon en vertaal. Maretha is ook ’n gesoute rubriekskrywer wat bydraes gelewer het vir VolksbladVrouekeurRooi Rose en Finesse. Haar vorige roman, Hanna: die vrou wat haar kind vir die Here gegee het, is ook die lees wérd