Saggeus Ontmoet Vir Jesus (Jesus Se Wonderwerke)(Sagteband)

    Saggeus Ontmoet Vir Jesus (Jesus Se Wonderwerke)(Sagteband)

    Leyah Jensen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R49.95

    R39.96

    Die wonderlike verhaal van Jesus se persoonlike ontmoeting met Saggeus.

    Eli is 11 jaar oud en werk vir Saggeus – ’n kort, gierige tollenaar. Wanneer Jesus hulle dorp besoek, is Eli baie opgewonde, maar hy het nooit gedink Saggeus sal die een wees by wie Jesus gaan eet nie!

    Eli sien self hoe Jesus Sy liefde en wonderbaarlike vergifnis vir Saggeus wys en sy hart en hele lewe verander. Hy sien dat álmal se harte heel kan word en dat álmal vergewe kan word.

    Saggeus ontmoet vir Jesus vertel die wonderlike verhaal van Jesus se persoonlike ontmoeting met Saggeus. Die boek vorm deel van die Jesus se wonderwerke-reeks. In dié reeks ontmoet kinders die mense ágter die verhale en ervaar Jesus se wonderwerke saam met hulle terwyl die stories uit die unieke perspektief van ’n kind vertel word.

    Die volledige Bybelteks oor hierdie wonderlike verhaal verskyn agter in die boek.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Zacchaeus Meets Jesus

    Oor die Outeur

    Leyah Jensen is in Denemarke gebore. Sy het reeds op hoërskool die U.S. National Gold Medal Of Art gewen en met ’n beurs by die Rhode Island School of Design studeer en in 1999 gegradueer in kuns en ontwerp. Leyah is tans die kunsdirekteur van Simon & Schuster Publishing House in New York.