Saamloop (Sagteband)

    Saamloop (Sagteband)

    Gerjo Ben Van Der Merwe
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    Om te droom is een ding. Om die pad van jou drome te leer, is iets heeltemal anders. Te veel mense se lewensdrome val stukkend op die harde paaie van die lewe. In Saamloop neem Jesus die leser se hand om die hele jaar elke dag saam te stap. Nee, dis nie ‘n geestelike Red Bull waar die leser vinnig ‘n kort stukkie in die oggend saam met die eerste koppie koffie afsluk nie. Dis meer, dis langer en dit daag mense uit om voor die dag se gewoel stil te word en te hoor wat Jesus te sê het oor die dag wat voorlê.

         By elke skryfstuk is aktuele vrae om jou gedagtes te prikkel, asook ‘n gebed om jou te help om deur die plafon te kom. Daar is sketse van die bekende skilder Frans Groenwald, wat die gebeurtenis van die dag visueel sigbaar maak. Het jy troos nodig? Het jy wysheid nodig? Het jy ‘n oor nodig om te luister? Het jy iemand nodig om te verstaan? Jou Verlosser wil graag saam met jou loop in Saamloop.