Romeine - Hartklop Van Die Evangelie (Sagteband)

    Romeine - Hartklop Van Die Evangelie (Sagteband)

    Andrie Du Toit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R190.00

    Ontdek in 10 studies hoe jy die tydlose boodskap van Romeine vandag nog kan uitleef.

    Kenners is dit eens: Geen ander brief het ’n groter invloed op die kerkgeskiedenis gehad as Romeine nie. Telkens wanneer die kerk van die hart van die evangelie begin wegdwaal het, was Romeine daar om hulle weer terug te roep. Geen ander brief spel die evangelie van God se genade heerliker uit nie en geen ander brief bied meer bemoediging of vertroosting nie.

        In die Bybelstudie Romeine – hartklop van die evangelie bespreek Andrie du Toit oor 10 weke Paulus se brief aan die Romeine.

    Elke week bied die volgende:

    • ’n Voorskou met punte wat oor die volgende 7 dae bespreek sal word
    • Indiepte-besprekings oor die volledige Romeine-brief
    • ’n Terugblik met ’n kort opsomming van die hoofpunte wat die week ontdek is
    • Wenke vir ’n Bybelstudiegroepe

    Romeine – hartklop van die evangelie is ideaal vir individue, asook groepe en sal lesers help om te ontdek hoe hulle die tydlose boodskap van Romeine vandag nog kan uitleef.

    Oor Die Outeur

    Andrie du Toit (1931-2018) het bekend geword deur sy werk as predikant, professor in Nuwe Testament, rubriek­skrywer vir “Godsdiens-Aktueel” en deur sy radiopraatjies vir “Wat sê die Bybel?”. Hy het sy doktorsgraad aan die Univer­siteit van Basel in Switserland behaal onder beroemde geleerdes soos Oscar Cullman en Karl Barth. As wetenskaplike word hy nasionaal en internasionaal gerespekteer. Onder die toekennings wat hy ontvang het, tel die Totiusprys en ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria. Hy het meer as 120 wetenskaplike publikasies in plaaslike en oorsese vaktydskrifte gepubliseer. Hy is in 2008 as president van die internasionale vereniging van Nuwe-Testamentici verkies – die eerste persoon van die Suidelike Halfrond wat hierdie eer te beurt val.