Randy Alcorn

    Randy Alcorn

    Randy Alcorn is stigter en direkteur van Eternal Perspective Ministries (EPM), ’n niewinsgewende organisasie wat uitreik na behoeftige mense.

    Voor Alcorn EPM in 1990 gestig het, was hy 13 jaar lank medeleraar by Good Shepherd Community Church buite Gresham, Oregon. Hy was in verskeie lande betrokke in die bediening, insluitend China. Randy is ’n gewilde spreker en het deeltyds klas gegee by Western Seminary en Multnomah University, beide in Portland, Oregon.

    Randy is die topverkoper-outeur van meer as 30 boeke insluitend HEAVEN, THE TREASURE PRINCIPLE en die 2002 Gold Medallion-wenner SAFELY HOME. Hy het verskeie artikels geskryf vir tydskrifte soos DISCIPLESHIP JOURNAL, MOODY, LEADERSHIP, NEW MAN en THE CHRISTIAN READER. Hy behartig die kwartaallikse tydskrif ETERNAL PERSPECTIVES en was al ’n gas op meer as 600 radio- en TV-programme insluitend FOCUS ON THE FAMILY, FAMILY LIFE TODAY, THE BIBLE ANSWER MAN, REVIVE OUR HEARTS, TRUTHS THAT TRANSFORM en FAITH UNDER FIRE.

    Alcorn en sy vrou, Nanci, bly in Gresham, Oregon, en is die ouers van twee getroude dogters, Karina en Angela. Hulle is ook trotse grootouers van vier kleinkinders.