Psalms (2 CD)

    Psalms (2 CD)

    Louis Brittz
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95
    Ek weet lankal ek wil die Psalms tackle, maar van laasjaar Februarie af het dit my behoorlik gebrand van binne af. Jy weet hoe jy en jou vrou daaroor dink om kinders te he en dan is sy skielik swanger en...nou help dit nie meer jy dink en wonder nie, jy gaan kinders he! Dis hoe die Psalm-projek vir my was. Voor Februarie 2010 het ek ernstig daaroor gedink, maar toe kom die rowers in die nag van 9 Februarie en hou 'n geweer teen my kop en verkrag Hettie en ons beleef die Here op so 'n intieme, wonderbaarlike manier dat ons nou nog nie woorde daarvoor het nie. En in dit alles en na dit alles was dit net Psalms, Psalms, Psalms waardeur die Here my kom herinner het wie Hy is...en toe weet ek die besluit is geneem: Ek SAL 'n CD maak met net Psalms op, so direk uit die Bybel as moontlik!

    Hoe ve rduidelik mens wat die Psalms vir jou beteken? As jy al 'n lang pad saam met die Here loop oor berge en deur dale, deur en in hierdie stukkende wêreld, hoef ek jou nie te vertel nie. Dan ken jy waarsk ynlik 'n paar Psalms uit jou kop uit en jou hart resoneer met elke woord. Die Psalms is waarheen ons vlug om ons seer en verslaenheid voor God te kom neersit. Maar dis ook waar ons die woorde kry om h om mee te loof en te aanbid, want die Psalms wemel van beskrywende lof en passievolle aanbidding. Dis juis hoe Dawid en die ander Psalmiste in vervolging