Prediker (Sagteband)

    Prediker (Sagteband)

    Stephanie Shott
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release December 2017
    R179.95

    Ontgin in die 6 weke lewenswyshede uit Prediker oor hoe om ’n doelgerigte lewe te leef met ewigheidswaarde.

     

    Daar is soveel dinge in die wêreld wat ons aandag probeer aflei van wat werklik saak maak in die lewe. Soveel dinge waaruit ons probeer sin maak om te weet hoe om ’n lewe met ewigheidswaarde te leef. Gelukkig het God vir ons riglyne gegee in die boek Prediker.

    Prediker ondersoek die lewenswyshede wat Salomo met ons deel, wyshede wat alle tyd oortref. In hierdie 6 week lange Bybelstudie, met 5 studies vir elke week, word vroue uitgedaag en bemoedig om ’n doelgerigte lewe te leef en te fokus op die dinge wat werklik saak maak in die lewe.

    Met besprekingsvrae ontwerp om vroue se hart te ondersoek en die lewenswyshede in jou lewe toe te pas, sal hierdie Bybelstudie jou help om betekenis te gee aan jou dae hier op aarde.

     

    Oor die outeur

    Stephanie Shott is ’n outeur, spreker en sendeling wat passievol daaroor is om vroue te inspireer om God beter te ken – om onbeskroomd en dapper die vrou te word wie God hulle geskep het om te wees en om ’n ewige verskil in ander mense se lewe te maak. Stephanie is al oor die 20 jaar betrokke by vrouebediening. Sy is ’n opregte en praktiese spreker wat lief is daaroor om vroue te help om die belangrike avontuur om God te dien, te geniet.