PraatSaam-Pret Vir Gesinne (Kaartjies)(Boksstel)

    PraatSaam-Pret Vir Gesinne (Kaartjies)(Boksstel)

    Gary Chapman
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R89.95

    101 interessante idees vir 1001 genotgevolle gesprekke vir gesinne.

     

    Die sleutel tot enige goeie verhouding is oop en betekenisvolle kommunikasie. Ongelukkig is nie alle mense ewe goed met gesprekvoering nie. Om egpare en gesinne te help om hierdie gewoonte te ontwikkel, het Gary Champan en Ramon Presson ’n skatkis met 101 prettige en soms diepsinnige vrae ontwikkel wat gesinne sal help om te begin gesels.

    PraatSaam-Pret vir gesinne is 101 prettige kaartjies wat ouers en hulle kinders nader aan mekaar sal bring. Hierdie kaartjies is die perfekte hulpbron om gesprekke in gesinne te inisieer en sal ’n wonderlike ge­skenk wees.

    Of julle nou een vraag per week of een vraag ’n dag doen, hierdie gespreksidees sal verseker help om inniger verhoudings te ontwikkel tussen gesinne.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel 101 Conversation Starters for Families.

     

    Oor die outeurs

    Gary Chapman, Ph.D., is die skrywer van die New York Times se topver¬koper The 5 Love Languages. Hy het meer as 35 jaar se ervaring as berader. Gary is ook die direkteur van Marriage and Family Life Consultants, Inc. en bied wêreldwyd seminare aan, en sy radio¬program word oor meer as 400 stasies gehoor. Vir meer inligting, besoek www.garychapman.org.

     

    Ramon Presson, Ph.D., is ’n huweliks- en gesinsterapeut, koerant-rubriekskrywer en stigtingslid van die American Asso¬ciation of Christian Counselors. Hy praktiseer al vir 30 jaar en is die stigter van LifeChange Counseling and Marriage Center (www.LifeChangeCS.org). Hy en sy vrou, Dorne, is al vir bykans 30 jaar getroud en het twee seuns. Hulle woon net buitekant Nashville, Tennessee.