Poppie Lariteit (DVD)

    Poppie Lariteit (DVD)

    Flutterby Productions
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Die storie gaan oor twee graade 7 meisies, die een die populêre meisie, Liezel, en die ander een, die nuwe meisie, Tanya. Tanya se storie is dat sy van die naburige skool af kom waar haar ma 'n onderwyseres is.
    Tanya was nog altyd 'n uitblinker en 'n natuurlike leier en die skool wou haar al in graad 6 'n prefek maak. Haar ma het egter voorgestel dat hulle eerder 'n graad 7 meisie moes kies want Tanys sal haar beurt kry as sy graad 7 to gaan. Die hoof het ingestem en laat blyk dat Tanya dan die ooglopende keuse vir hoofdogter sal wees.
    Alles was klaarblyklik goed en wel. Die probleem het egter ingekom toe haar ma en die hoof stry gekry het in haar graad 6 jaar. So erg was die geskil dat toe dit haar beurt was om hoofdogter te word, die hoof summier besluit dat sy verseker nie hoofdogter, onder-hoofdogter of selfs 'n prefek sal wees nie. Tanya se mas was onsteld dat haar kind nou die prys moes betaal vir haar en die hoof se onderonsie en het daarom besluit om Tanya in die naburige skool, Laerskool Wilgerloot te sit.
    Nooit het hulle kon dink wat die implikasies van die skuif sou wees nie. Die film begin dan met die aanvang van haar graad 7 jaar en die eksosisie word verduidelik met Tanya se stem as storieverteller deur middel van gesprekke en terugflitse. By Wilgerloot wen Tanya se innemende geaardheid gou die guns van die onderwysers en kinders en veral dié van die hoofseun, Schalk. Dit set egter ie goed by Liezel en haar maats nie wat dan duidelik begin wys dat hulle bedreig voel. Soos Rooikapie van ouds bevind Tanya haarself in die Wilgerloot woud sonder om te weet wat die gevare is. Liezel is soos die wolf besig om vir haar 'n lokval te stel.