Perspektief Op Die Heilige Gees Bybelstudie (Sagteband)

    Perspektief Op Die Heilige Gees Bybelstudie (Sagteband)

    Stephan Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 6 weeks
    R119.95

    Op pad saam met God se spesiale Helper.

    Kom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit ’n ware Geesvervulde lewe.

    Die 10 studies in hierdie Bybelstudie draai om temas rakende die werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak regtig vry. Stephan Joubert wil jou herinner aan die hemelse hulp wat jy in jou moeilikste tye kan kry en jou aandag op die wonders van die Gees vestig.

    Elk van die 10 studies sluit af met ’n kort samevatting wat die kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat.

    Oor die Outeur

    Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en is ook redakteur van ’n groot e-kerk op die internet. Hy is getroud met Marietjie en het twee dogters, Tarien en Elani.