Pas Op Wat Jy Se! (Sagteband)

    Pas Op Wat Jy Se! (Sagteband)

    Deborah Smith Pegues
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R99.96

    R79.97

    Wag! Nee! Moenie dit sê nie! Wie het nie al die heeltemal verkeerde ding op die verkeerde tyd gesê nie?

     

    Gedragskundige Deborah Smith Pegues weet dat elke ver­spreking probleme kan veroorsaak in persoonlike en besigheidsverhoudings. Daarom wys sy mense hoe om hul tong vír hulle te laat werk in plaas van téén hulle.

     

    Pas op wat jy sê! bestaan uit 30 hoofstukke wat le­sers sal help om ’n on­getemde liggaamsdeel te verander in ’n waar­devolle bate.

     

     Lesers sal leer hoe om:

     

    • op te hou om die verkeerde ding op die verkeerde tyd op die verkeerde manier te sê
    • woorde te spreek wat ander sal opbou
    • die slaggate en gevolge van leuens, vleitaal, skinder en oordrywings te vermy

     

    Kort staaltjies, selfondersoekende vrae en Bybelsgeba­seerde riglyne maak elke hoofstuk ’n lewens- en tongver­ande­ren­de ervaring. Elke hoofstuk sluit ook af met ’n prak­tiese bevestiging wat die leser uitdaag om die begin­sels in die boek uit te leef.