'N Pa En Sy Seun (Sagteband)

    'N Pa En Sy Seun (Sagteband)

    James C Dobson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Tydlose wysheid vir die spesiale verhouding tussen ’n pa en sy seun.

    Of ’n seun ’n ondeunde knapie of ’n volwasse jong man is, hy sal altyd opkyk na sy pa. Vier die sterk, lewenslange band tussen pa’s en seuns met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare bera­der en ken­ner van gesinsake.

    ’n Pa en sy seun bied uittreksels uit die topver­koper Om seuns groot te maak en is ’n huldeblyk aan al die pa’s wat ’n voorbeeld van krag, integriteit en getrou­heid vir hulle seuns is. Dit is propvol praktiese raad wat jou sal help bou aan jou ver­houding met jou seun. Dié vol­kleur-geskenk­boekie vier die onver­vang­bare rol wat ’n pa in ’n seun se hart en lewe speel.

    ’n Pa en sy seun sal jou help om jou seun te lei en aan te moedig op sy eie reis deur die lewe

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Dads and Sons

    Oor die outeur

    Dr. James Dobson is die stigter van Focus on the Family, ’n niewinsgewende organisasie wat fo­kus op die instandhouding van die gesin. Dr. Dobson is ook bekend vir sy radioprogramme wat daagliks oor meer as 4 200 stasies uitgesaai word en meer as 200 miljoen luisteraars het. Hy is ’n gekwalifi­seerde sielkun­dige en het ook ’n Ph.D. in kinder­ontwikkeling aan die University of Southern Cali­fornia School for Medicine verwerf. Hy is ook die outeur van meer as 50 boeke wat gerig is op die behoud van die gesin. Dr. Dob­son en sy vrou, Shirley, is die ouers van twee vol­wasse kinders en woon in Colorado Springs, Colorado.