Pa's En Seuns (Sagteband)

    Pa's En Seuns (Sagteband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Riglyne om die pa te word wat God wil hê, want dit kan kinders se hele toekoms bepaal.

    Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daargestel het. God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en ’n voorbeeld vir hulle seuns te wees.

    Angus Buchan moedig pa’s in Pa’s en seuns aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Die boek moedig terselfdertyd ook seuns aan om hul verhouding met hulle pa te koester en so een van dié belangrikste gesinsbande te versterk.

    Temas wat in Pa’s en seuns bespreek word, sluit in: ’n pa se aanvaarding, rolmodelle, genade en respek, nederigheid  teenoor hoogmoed, opoffering, wat maak iemand ’n pa en onversetlike liefde.

    Pa’s en seuns sal elke pa oortuig om die pa te wees wat God wil hê hy moet wees en wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hê.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Fathers and Sons

    Oor die outeur

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te ver­kondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland