'N Pa En Sy Dogter (Sagteband)

    'N Pa En Sy Dogter (Sagteband)

    James C Dobson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Tydlose wysheid vir die spesiale verhouding tussen ’n pa en sy dogter.

    Dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake, vier die geskenk en seën van die unieke verhouding tussen jou en jou dogters met hierdie inspirerende sakpas-boekie.

    Die volkleur-geskenkboekie is ’n huldeblyk aan die rol wat jy in jou dogter se lewe speel. ’n Pa en sy dogter bied uittreksels uit die topverkoper Om dogters groot te maak.

    Hierdie boekie sal jou help om die spesiale verhouding met jou dogter te ontwikkel, te handhaaf en te koester.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Dads and Daughters

    Oor die Outeur

    Dr. James Dobson is die stigter van Focus on the Family, ’n nie-winsgewende organisasie wat fokus op die instandhouding van die gesin. Dr. Dobson is ook bekend vir sy radioprogramme wat daagliks oor meer as 4200 stasies uitgesaai word en meer as 200 miljoen luisteraars het. Hy is ’n gekwalifiseerde sielkundige en het ook ’n Ph.D. in kinderontwikkeling aan die University of Southern California School for Medicine verwerf. Hy is ook die outeur van meer as 50 boeke wat gerig is op die behoud van die gesin. Dr. Dobson en sy vrou, Shirley, is die ouers van twee volwasse kinders en woon in Colorado Springs, Colorado.