Ouerskap-Joernaal (Luukse Leer)

    Ouerskap-Joernaal (Luukse Leer)

    Mandi Hart
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R159.95

    Die Ouerskap-joernaal is bedoel as 'n kreatiewe en voortdurende uitdrukking van ouers se liefde vir hul kind. Dit kan gebruik word om in te teken, te skryf, drome en profesieë oor jou kind op te teken en jou gebede en spesiale teksverse neer te skryf wat jy glo op jou kind se lewe van toepassing is.

         Die joernaal bevat:

         • 'n Bladsy waar jy jou kind se naam kan neerskryf, saam met die betekenis daarvan en Bybelverse wat aan hul naam verbind word.

         • “Sleutelverse”: 'n Afdeling waar jy belangrike Skrifgedeeltes kan neerskryf wat jy oor jou kind kan afbid.

         • “Lewenslesse”: 'n Afdeling waar jy lesse wat jy jou kind doelbewus wil leer, kan aanteken.

         • Aanhalings en Skrifgedeeltes vanuit Die avontuur van ouerskap.

         • Skoon bladsye waar jy jou eie gebede kan neerskryf, antwoorde op jou gebede en gedagtes oor jou kind kan aanteken.

         Gary Smalley het gesê: "Goedkeurende woorde van ons ouers is soos ligskakelaars. Een opbouende woord op die regte oomblik in 'n kind se lewe en dit is asof 'n hele kamer met moontlikhede belig word." Hierdie joernaal sal ouers help om juis dit reg te kry.

     

    Oor die Outeur

    Mandi Hart en haar man, Neil, is deel van All Nations ('n sending- en kerkplantingsorganisasie). In 2014 het hulle die leisels oorgeneem by stigters Floyd en Sally McClung.Mandi en Neil het 'n hele aantal kerke geplant en is gereelde sprekers by hulle opleidingseminare in gemeentes regoor die land. Hulle werk in 'n aantal gebiede waaronder Afrika, die Midde-Ooste en Asië, en werk in 'n kruiskulturele omgewing. Mandi het vir jare 'n groep vir ma's met babas en peuters gelei. Sy help met die aanbieding van ouerskap- en huwelikseminare en bied ook gereeld praatjies aan oor gesinne en ouerskap in die sending en bediening. Sy het onder meer 'n sertifikaat in Christelike berading wat sy by Unisa verwerf het. Mandi is die ma van twee tieners.