Ouerskap (CD)

    Ouerskap (CD)

    Johan Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R79.95

    R40.00

    Ouerskap wêreldwyd is 'n uitdaging in die veeleisende tye waarin ons leef.

    Daar is die druk van prestasie op vele terreine: werk, huwelik, samelewing, gemeenskap, gesin en elke ander plek of terrein waaraan jy kan dink. Tog bly die huwelik, gesin en suksesvol-wees vir God die eerste prioriteit bo alles. Hoe kry mens dit reg? Hoe hou jy al die balle in die lug (Gesin, Gesondheid, Vriende, Geloof en Werk)?

    In die reeks van ses sessies word die fondament vir ouerskap uit die Woord gelê en dan baie praktiese raad gegee oor presies hoe om die belangrikheid van die gesin nie af te skeep nie, maar eerder prioriteit in jou lewe te maak. Hierdie oudio CD kan jou werklik help om jou gesin weer die oase in die woestyn te maak, die ark op 'n stormsee, 'n veilige hawe waar jou kinders sekuriteit en liefde ervaar.

    Oor die Spreker

    Johan Smith is die Leier: Gemeentefokus, by Moreleta Gemeente in Centurion. Hy het vele boeke geskryf vir kinders, jongmense en ouers. Hy het ook al vele ouerskapseminare en reekse landswyd aangebied. Hy is baie gelukkig getroud met Helena, hulle het drie kinders: Louise, Dirkie en Marli – al drie is getroud. Hulle ken en dien die Here en leef Sy drome vir hulle lewe.