Oudword Is Nie Vir Sissies Nie (Sagteband)

    Oudword Is Nie Vir Sissies Nie (Sagteband)

    Christa Jonker-Jordaan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R135.27

    Die doel van Oudword is nie vir sissies nie is om te besef jou lewe het betekenis, ongeag jou ouderdom

    “Oud maar nie koud” en “die grysheid bring wysheid” beweer sommige mense. Die Amerikaanse aktrise Bette Davis draai egter nie doekies om haar belewenis van hierdie tydperk nie: “Old age ain’t no place for sissies!” Ons rem verbete aan die perde wat ons lewenswa trek, maar hulle bly onverbiddelik op koers.

         Jy sien dit aan jou buitekant. Jou hare word grys en yl, jou middellyn sit uit en jou knieë begin kraak. Jy wil dikwels eerder tuis bly as om saam met die jongeres te gaan jol. Maar dit beteken nie dat jy vergeet het hoe om ’n goeie tyd te geniet nie!

         Die belangrikste is om te besef jou lewe het betekenis, ongeag jou ouderdom. Die beste manier om ouer te word is met ’n gesonde dosis humor, want lag maak gesond. Lag help vir ’n magdom klagtes en skete. Lag hou jou fiks – emosioneel en liggaamlik.

         Dit is die doel van Oudword IS NIE VIR SISSIES NIE. Bly jonk van gees met die humor, wysheid en inspirasie wat jy hier kry. Dan draf jy die veranderinge wat saam met die ouderdom kom, sommer lag-lag kaf, of jy nou 60, 70 of 80 is. Vergeet van die grys hare en die skete en vier oudword met ’n breë glimlag en ’n vonkeling in die oog.

         Vul die “aan”- en “van”-gedeeltes voor op die boek in en jy het ’n spesiale geskenk wat iemand weer en weer sal lees!