Openbaring Van Genesing (Sagteband)

    Openbaring Van Genesing (Sagteband)

    Mary Kathryn Baxter
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    Ervaar God se Genesende Krag!

    God begeer om jou te genees. Wees deel van die mense wat hulle genesing ontvang!

    Lees dramatiese, ware getuienisse van mense wat wonder waarlik genesing ontvang het van terminale siektes, kwale en vernietigende lewensstyle en gewoontes. Ontdek hoe hulle genees is, en dan kan jy ook:

    ·         Struikelblokke tot jou genesing verwyder.

    ·         Weet wat die oorsake vir siektes is.

    ·         Vrees en hopeloosheid oorwin.

    ·         Fisiese en emosionele genesing ontvang.

    ·         In volkome gesondheid leef.

    ·         Genesing aan ander bedien.

    ·         Die mag van die bose oorwin

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Divine Revelation of Healing

    Oor die Outeur

    Evangelis Mary K. Baxter is gebore in Chattanooga, Tennessee, en het Christus op die ouderdom van negentien as haar Redder aangeneem. In 1976, terwyl sy in Belleville, Michigan, gewoon het, het Jesus aan haar verskyn in menslike vorm, in drome, visioene en openbarings. Mary is as bedienaar van die Woord ingeseën in die Full Gospel Church of God in Taylor, Michigan in 1983. Die beweging van die Heilige Gees word in al haar eredienste beklemtoon, en baie wonderwerke het al tydens hierdie dienste gebeur. Sy reis oor die wêreld heen vanuit haar Florida-gebaseerde bediening om haar storie van hel en God se openbarende besoeke te vertel. Sy het al verskeie boeke geskryf en as medeskrywer gepubliseer, insluitende A Divine Revelation of Hell, A Divine Revelation of Heaven, A Divine Revelation of the Spirit Realm, A Divine Revelation of Angels, A Divine Revelation of Spiritual Warfare, A Divine Revelation of Deliverance, A Divine Revelation of Prayer, en The Power of the Blood.