Openbaring Van Gebed (Sagteband)

    Openbaring Van Gebed (Sagteband)

    Mary Kathryn Baxter
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    Ontdek vandag die geheime van 'n kragtige, lewensveranderende deurbraak in gebed.

    Baie Christene vra waarom hulle nie sonde en versoekings kan oorwin nie, en waarom hulle nie antwoorde op hulle gebede ontvang wanneer hulle bid vir 'n verbetering in hulle gesondheid, finansies en verhoudings met ander nie.

    Die skrywer van topverkopers, Mary K. Baxter, deel visioene en openbarings oor die krag van gebed wat jou oë sal oopmaak.

    Haar uitsonderlike antwoorde op gebed sal jou help om:

    ·         Jou vrese, struikelblokke en mislukkings te oorwin

    ·         Direk van God af te hoor

    ·         Genesing en verlossing van verslawing te ontvang

    ·         Die lewe te lei wat jy veronderstel is om te lei

    ·         Daagliks goddelike krag te ervaar.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Divine Revelation of Prayer

    Oor die Outeur

    Evangelis Mary K. Baxter is gebore in Chattanooga, Tennessee, en het Christus op die ouderdom van negentien as haar Redder aangeneem. In 1976, terwyl sy in Belleville, Michigan, gewoon het, het Jesus aan haar verskyn in menslike vorm, in drome, visioene en openbarings. Mary is as bedienaar van die Woord ingeseën in die Full Gospel Church of God in Taylor, Michigan in 1983. Die beweging van die Heilige Gees word in al haar eredienste beklemtoon, en baie wonderwerke het al tydens hierdie dienste gebeur. Sy reis oor die wêreld heen vanuit haar Florida-gebaseerde bediening om haar storie van hel en God se openbarende besoeke te vertel. Sy het al verskeie boeke geskryf en as medeskrywer gepubliseer, insluitende A Divine Revelation of Hell, A Divine Revelation of Heaven, A Divine Revelation of the Spirit Realm, A Divine Revelation of Angels, A Divine Revelation of Spiritual Warfare, A Divine Revelation of Deliverance, A Divine Revelation of Prayer, en The Power of the Blood.