Openbaring Ontsluit (Sagteband)

    Openbaring Ontsluit (Sagteband)

    Riekert Botha
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.95

    ’n Verrassende perspektief op die laaste boek van die Bybel.

     

    Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een spesifieke vraag: “Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?”

         Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgen­de aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybel­boek:

    -       Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?

    -       Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?

    -       Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?

    -       Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?

    Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Open­baring teen hierdie agtergrond.

    Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n ver­staanbare uitleg van Openbaring wil hê.

     

    Oor die outeur

    Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die North­western Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.