Op Vlerke Van Geloof (Sponsgevulde Hardeband)

    Op Vlerke Van Geloof (Sponsgevulde Hardeband)

    Riekert Botha
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    366 saamwees-oomblikke met Jesus – vir ’n vervullende lewe.

    Jesus – die Een wat die onbaatsugtigste opoffe­ring ooit gemaak het sodat óns die ewige lewe kan ge­niet. Maar ken ons Hom werklik en weet ons hoe­kom Hy gedoen het wat Hy het?

    In Op vlerke van geloof breek Riekert Botha die Woord oop sodat ons Jesus, die kern van ons geloof, werklik kan leer ken. Deur die loop van 366 dae bied hy antwoorde op vrae, soos: Wie is Jesus? Hoe lyk Hy? Hoe werk Hy? Hoe beleef ek Hom? Hoekom werk Hy soos Hy doen? Op sy kenmerkend gemaklike styl bied Riekert ’n vars perspektief op ’n verskei­den­heid kwessies rondom Jesus se lewe en werk. 

    Bring elke dag tyd saam met Jesus deur, leer ken Hom en ervaar hoe jou geloof vlerke kry.

    Oor die outeur

    Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die North­western Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.