Op God Se Genadepad (Sponsgevulde Hardeband)

    Op God Se Genadepad (Sponsgevulde Hardeband)

    Stephan Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    366 oordenkings vir ’n lewe in God se genade.

    Begin ’n Christus-gedrewe jaar! Dít is waartoe Stephan Joubert jou aanspoor in die 366 dagstukke van Op God se genadepad.

    Dié kort en kragtige dagstukke sal jou bemoedig met praktiese raad, Christus-gedrewe voornemens, oomblik­ke vol genade en emmers vol hoop vir elke nuwe dag. Dit sal jou daaraan herinner dat God nie net in elke situasie is nie, Hy is ook in jóú; daarom moet jy so leef dat ander Hom ook in jou lewe kan sien. Hy is die Lig in jou lewe en jy is sy lig in ander se lewens.

    Hierdie dagstukke – wat ook in die dagblad Beeld ver­skyn het – sal jou laat stilstaan om God se teen­woordig­heid te geniet in ’n wêreld wat Hom soms vergeet te midde van die dolle gejaag.

    Oor die outeur

    Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone profes­sor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.