Oorwinning Oor Die Vyand (Sagteband)

    Oorwinning Oor Die Vyand (Sagteband)

    John Osteen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.95

    Behaal oorwinning op elke gebied van die lewe.

    Christene is vandag grootliks onkundig oor Satan se boosheid. Dit is waarom soveel van ons getreiter word deur vrese, vasgevang is in verslawings en verskeurd is as gevolg van verhoudingsprobleme. Maar God gee ons die uiteindelike oorwinning.

    In hierdie lewensveranderende boek leer John Osteen jou onder meer hoe om mag oor die vyand te verkry wanneer hy jou wil verlei, hoe Jesus verleiding hanteer het, hoe om geestelike oologvoering aan te wend, hoe om Satan se nederlaag te openbaar en hoe om ‘n lewe van oorwinning te leef.

    Namate jy meer leer oor die ware bonatuurlike mag van God, sal jy oorwinning kan behaal op elke gebied van die lewe.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Power Over the Enemy

    Oor die Outeur

    John Osteen het Lakewood Church in 1959 in Houston, Texas tot stand gebring en Lakewood ontwikkel tot 'n kerk met ongeveer 15 000 lede met aktiewe bedieninge deur middel van televangelisme, konferensies, sendingondersteuning en kosverspreiding. Hy het die weeklikse John Osteen televisieprogram vir 16 jaar aangebied en so miljoene mense in die VSA en baie ander dele van die wêreld bereik met sy prediking. Op 23 Januarie 1999 is hy aan 'n hartaanval oorlede op die ouderdom van 77 jaar. Sy jongste seun, Joel Osteen, het hom later as pastoor opgevolg.